3 November 1984 – 8 February 2025
3 November 1984 – 8 February 2025
Funeral service held at Legacy Tauranga
Christo Your smile and laughter was infectious! While we were work colleagues and I didn’t know you that well on a personal level, the few times we got to chat outside of work were always full of cheekiness, light and laughter. Playing Kubb in the park for the WSP team day… you were quite competitive (like me), so I was glad we were on the same team! It was such a shock to hear of your sudden passing. I will miss your smile, banter and laugh at our morning meetings. Go well young man. I know you will watch over your family from afar and will forever be held in their hearts.
Woorde kan nie eers begin beskryf hoe jammer ons is vir julle verlies nie! Mag Jesus julle styf vas hou deur die moeilike tyd!
Ons het jou leer ken as so 'n sonskyn kind. Altyd 'n grappie of net sommer 'n drukkie. Rus in vrede tot ons mekaar weer sien. Is dit nie 'n wonderlike gedagte dat ons mekaar weer sal sien nie. Dit bring berusting. Baie liefde aan al jou familie. Mag die Here julle ontvou in Sy Arms en vrede en berusting bring. Baie liefde Oom Jan en Tanni Estelle.
Ek is vandag 39 jaar oud, en op hierdie dag begrawe ons my neef, 40 jaar oud. Jou sin vir humor en liefde vir die lewe sal my altyd inspireer. Jou lewe op aarde was te kort, maar ek het al geleer dat God sy favourites eerste Hemel toe neem. Rus sag, liefste neef. Dis steeds 'n groot skok vir ons almal. 'n Mens kan nie begryp waarom sulke dinge gebeur nie, maar dit is weereens 'n bewys dat 'n mens voluit moet leef, elke dag. Ek is seker jy en my pa, Dirk, chat lekker daar bo in die Hemel!! xxx
Oom Christo ek wens dinge was op n ander omstandighede maar ek wil net dankie se vir wie oom was en die rol wat oom in my lewe gespeel het en gaan oom ongelooflike baie miss
Christo Ek onthou hoe jy 'n klein babatjie was en jou ma se arm blou gesuig het as sy nie vinnig genoeg was met die melk nie. Toe die kleuterjare - die stoutste, cuteste, mooiste gesiggie met 'n breë glimlag daarop. Tienerjare...ek onthou waar jy eenkeer jou bike gepark het en die bike rit met die gebreekte voet. En nog baie! Toe stap jy in die grootmenswêreld in met die absoluut snaaksste sin vir humor wat ek nog teëgekom het. Jy kon 'n hele vertrek laat kruip van die lag met 'n enkele sin. Ek onthou jou groot hart. Jou hulpvaardigheid. Hoe jy die ou oom wat in 'n kaping betrokke was, gered het en daarna sy hand in die deur toegeslaan het. Per ongeluk!Jy was 'n gentleman. 'n Hunk. 'n Goeie man vir 'n wonderlike vrou. n Goeie pa en seun en broer. Christo, almal was gaande oor jou. Ons lag nou nog oor jou grappies, ons mis jou, ons verlang, ons huil. As die Here sou wou, wens ek daar sal weer 'n Christo'tjie wees in jou nageslag. Een van jou is net nie genoeg nie. Ons diepste medelye aan Nadia, Tristan en Leyton, asook Manda en Philip en Rudi en almal wat vir hom lief was. Die wêreld is 'n ongelooflike man armer!
My liewe Christo, ons harte is stukkend en die werklikheid het nog nie ingesink nie. Jy was so 'n spesiale mens, almal wat jou al ontmoet het praat van die pragtige mens. Selfs nou in die vreeslikste tyd loop ons trane maar terselfdertyd kan ons nie andsrs im ook te giggel vir al jou mannewales nie. Jou fyn sin vir humor was onmeetlik! Ons waardeer dit vreeslik toe jy en Nadia ons kom groet het in NZ net voor ons groot trek na Australië. Nooit gedink dat ons nog in die nabye toekoms so van jou moet afskeid neem nie. Ons sal mekaar weer ontmoet en dan sal dit wees in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader. Ons gaan jou baie mis. Rus in vrede. My bede gaan met Nadia, die seuns Manda, Phillip, Monica en Rudi, Clarise en die Claassens en Olckers families. Oom Sarel en tannie Martie
Ag my ou neef. Hoe seer is my hart nie nou nie. As kind was ek altyd opgewonde om tyd saam met jou te spandeur omdat ons die naaste was in ouderdom aan die Claassens kant van die familie. Vir jou was ek dalk die iriteerende plaas niggie wat niks geweet het van die stads lewe nie. Jou cheeky persoonlikheid was al van kleins af daar. Jy het so twinkle in jou oog gekry en met dit het almal geweet dat jy besig is met cheeky stoute planne. Elke keer wanneer ons mekaar gesien het, het ek en my boetie en jy en jou boetie darem lekker sleepovers gehad in die sit kamers, waar ookal ons was. Dit was half asof ons gekamp her maar net binne die huis ha ha. Soos ons groot geword het was ek baie geseend om so naby jou en jou pragtige gesin te bly. Dit was gedurende hierdie tyd wat ons 'n werklike vriendskap gevorm het wat baie dieper as net bloed gegaan het. Niks was te veel vir jou nie. Jy wou altyd ander help waar jy kon. Dit het my so trots gemaak om vir ander mense te se dat jy my nefie is as ek hoor hoe goed hulle van jou praat. Jy het altyd die goed in ander gesien en ek sal nooit vergeet die liefde wat uit jou oe gestraal het wanneer jy vir Nadia gesien het nie. Ons het darem lekker gelag en lekker gekuier. En al bly ons nie meer in die selfde dorp nie, my en my ouers het daagliks vir jou boodskappe en Facebook posts gelag. Niemand weet hoeveel keer jy in Facebook jail beland het nie, maar jy was altyd so trots daarop en dit het dit nog beter en snaakser gemaak. Baie dankie dat jy ons lewe gevulg het met vreugde, en liefde, en vriendskap. Ek gaan jou baie mis! Jou niggie Tali x
Liewe Christo, ons het geen woorde! Heeltemal te vroeg gegaan. Sal jou jaarlikse ‘updates’ en fotos van die jasmyn mis, maar die meeste jou skerp humorsin op Bakkiesblad (FB). Die mooi fotos van Nadia en die seuns. Julle het dit so geniet om strand toe te gaan, te gaan kamp. Soos Rudi gesê het : Rus sag en in vrede. Innige meegevoel vir, Philip, Monika, Manda en die res van die Olckers familie en vriende. Your smile and easy going nature will be sorely missed, but Nadia and you sons will keep your legacy growing. Fondest memories will be recounted at your funeral and for many more years to come. Fondest love Oom Piet & tannie Pam.
Liewe Christo Woorde is te min jy was so jonk en jou seuns nog so klein. Ek het altyd na jou posts gekyk van pragtige Nadia en die seuns. Jy het n wonderike legacy vir hulle gelos. n Ware sterk Olckers! Jy sal altyd voortleef in hulle. Ek dink aan jou ouers Christo en ek voel hulle pyn en seer en verdwaasdheid. God is in beheer. En ons vertrou in Sy groot plan. Sê vir Ouma Lien ek mis haar nog so baie en vir my liewe Hannes dankie vir die mooi memories. Gone but never forgotten.
Sjoe, ons vriende staan en praat van jou en al wat ons almal se.... is what a guy! Altyd n glimlag gehad, altyd iets nice om te se van iemand. En dit is jarrrrrrrre terug! Jou kinders was seker blessed om jou as n Pa te he. Rus in vrede Ou. Ek wens vir jou vrou en kiddos net vrede toe... dis n moeilike pad xxxx
Hey brother in-law You will be missed!!!!! I will always treasure the times you and Nadia babysit Zane for me.... You leave a big hole in our hearts. It's hard to say good bye, you will always be in our hearts and mind.
Christo my friend, you have left a huge hole in our world and rocked us to the core. We will certainly miss your passion for your family and your job. We will so miss your cherry voice and your smiling face. Nothing will replace that. We know that you will be looking down on us all - "up there", but we really miss you "down here" and wish that you were still here. Till we meet again my friend.
Christo. Still unable to wrap my head around you passing on. There will be plenty of people talking about your kind soul for a long time to come. You left a light with everyone you spoke to and you always only had good things to say about people. Safe travels friend. To your family my heart felt condolences.
Funeral service held at Legacy Tauranga

A simple way to share tributes, receive service reminders, and send flowers or support.
Join the Waitlist