Gerhardus Harmse

19 October 19852 June 2025

Funeral service held at Grahams Funeral Services

Tributes

Rest in peace

Elisio Manjate

Dierbare Gerhardus Dis met ń knop in die keel dat ek vandag hierdie laaste woorde aan jou skryf. Ons het mekaar jare laas gesien maar sal steeds al ons goue oomblikke onthou. Jaco/Umfie het die eendag by ons gekom en gevra of hy sy vriend kan saambring naweke en ons het nie getwyfel nie. Daar het hierdie innemende, vriendelike en hulpvaardige jong man. Gerhardus, jy was een van ons kinders in die huis, en so-ook het ons Susan ook in ons harte geneem. Saam het ons die rugby gaan kyk op Loftus, 😂🤣 Ons vir die Bulls en jy, Gerhardus en Susan volbloed Sharks. Vandag kan ons aan ons Vader sê dankie vir daardie jare. Ons is so dankbaar dat ons Vader jou op ons pad gebring het. Die herrinneringe sal ons altyd bybly. Rus in Vrede, Gerhardus. Jy sal gemis word.

Elize, Basie Strydom

Though miles and years stood between us, Boetie was never far from my heart. Boetie would have turned 40 this October a milestone that feels unreal to speak about in past tense. I haven’t seen him in nearly 22 years, since life took us on very different paths him to New Zealand, me to England, but my memories of our younger days together are still vivid. The laughter, the games, the mischief… It’s all there, untouched by time. Distance and years may have created silence between us, but they never diminished the bond we built in childhood. And now, with his passing, that bond feels more precious than ever a reminder of what we shared and what will always live on in the corners of my heart. Rest gently, Boetie. You were loved deeply, even across oceans and time.

Hendry Oosthuizen

Gerhardus ekt jou nie lank geken nie , maar in die kort tyd wat ons jou leer ken het , kan ek sê jy is / was n opregte goeie mens. Wat jy en jou broer Sakkie vir my en my gesin gedoen het , sal ek nooit vergeet nie. Jy het opgestaan vir iemand wat jy skaars geken het , wat wêrelde van wie jy as mens is spreek. Ons almal wens jou vrede in die hemel toe , (ek persoonlik) dink Susan , Eksteen en Katrien was jou hemel hier op aarde. Dankie vir jou vriendskap , die kamp en visvang ... Ek sal jou nooit vergeet nie Rus sag ou friend . Dirk en Gesin

Dirk Kotze

Jy was n goeie mens, jou plek is nou leeg by ons, rus in vrede, ons gaan jou baie mis, rus nou sag saam met die engele tot ons weer ontmoet in die hemel, vir ons was jy n goeie broer en sal altyd onthou word vir die goeie mens wat jy was!!!

Hannes

Gerhardus, Jy was so goeie plat op die aarde mens, met sulke goeie waardes. Wat ‘n goeie Man en Pa vir jou gesin. Jy dans nou saam die Engele in die Hemel en al jou pyn is weg. Rus sag nou. Altyd in ons harte Sean & Carina.

Sean & Carina Pretorius

Boetie waar begin n mens. Soos wat ek hier sit en dink aan wat om te sê dink ek aan ons dae op TNC myn wat ek altyd saam jou en Neels army wou speel met pappa se army klere en al wat julle aan kon dink was om my in die "canopy" te laat agter bly en maak of ek die groot rang het en Dan het julle iets anders gaan doen, of hoeveel keer jy jou arm gebreuk het as mamma gese het moenie dit doen nie en jy dit wel Dan doen. Op grootvlei wat julle my altyd gevra het om saam motorfiets te ry en Dan as julle n draai ry om my te wys dis ok en Dan Val jy en ek Dan weier. Jy het jou kinder lewe en jongmens lewe tenvolle gelewe, as kind alles met soveel passie aangepak. Die dag wat mamma na haar ewige huis toe is in die Hemel is ons uit mekaar geruk en ons nie meer geweet waar almal is nie, maar so het ons weer ons pad terug by mekaar gevind op Oom Kobus hulle se plaas waar ons as kinders soveel herinneringe ook gehad het, altyd in die grotte gaan speel of die trekkers se petrol tanks vol klippe gegooi. Jy is n inspirasie vir ons almal vandag jy het so hard baklei tot die einde toe maar ons vind troos daarin dat jy nou saam mamma en pappa in die Hemel is en by Here se voete sit en kyk na ons almal hier onder. Ons almal sal mooi kyk na Susan en die kinders hier ons sal jou as mens nooit vergeet. Gaan rus nou lekker daar in die Hemel.

Hendrina
App logo mockup
The Remembered App

A simple way to share tributes, receive service reminders, and send flowers or support.

Join the Waitlist
Website Logo

©2026 remembered.co.nz All rights reserved.